Call Us on 0861 915 8000 or Technical Support 011 340 8000

Computicket

Madeliefie Makietie - Strandfontein Wes…

Madeliefie Makietie

Event Information

This event is part of
Madeliefie Makietiefees

add to planner festival planner

Event Type: On Stage, Afrikaans

Kaartjies vir die gewilde Madeliefie Makietie-fees wat vanjaar vir derde keer op die skilderagtige stranddorp Strandfontein aan die Namakwa-Weskus aangebied word, verkoop vinniger as ooit.
Madeliefie Makietie se Juweelfees word op Vrydag 25, en Saterdag, 26 Oktober op Strandfontein aangebied en organiseerders het belowe dat dit die plek is waar jy jou gunsteling kunstenaars se grootste treffers gaan hoor.
"Strandfontein is ons gunsteling vakansiedorp en ons is bitter opgewonde oor al die kunstenaars wat vanjaar kom deelneem en dat die kaartjies so vinnig verkoop," het die feeswoordvoerder Cindy Schade gese.
Feesgangers kan uitsien na Caroline Grace, Ricus Nel, Early B, Dennis East, Cheree, Appel, Ivan Roux, Tarryn Lamb, Jay du Plessis, Bok van Blerk, Tommy Dell, Sunset Sweatshop, Dobbelsteun, Wynand en Cheree, Jan Bloukaas, Rinus Goosen, Dawid Sadie, Jaco Losgelaat, Johan Myburgh en KayCee.
"Ek kan nie wag om vanjaar by die fees op te tree nie. Dis die hartland van Worsie Visser en ek kan nie wag om my Worsie Visser-tribute met die feesgangers te deel nie," het die gewilde kunstenaar Ricus Nel oor sy betrokkenheid gese.
Dis die derde jaar dat Madeliefie Makietie in die natuurlike Perdeskoen-amfiteater op Strandfontein aangebied word en hierdie jaarlikse instelling op die feeskalendar lok duisende mense na die streek.
Vir navrae kontak asseblief:
Rudi 083 295 6878 / rudi@ld.media
Chandrey 021 422 1494 / chandrey@ld.media


  • Additional Info
  • Widget

HIGHLIGHTED EVENTS