Call Us on 0861 915 8000 or Technical Support 011 340 8000

Computicket

Boereradio Rockfees - Bloemfontein

Boereradio Rockfees

Event Information

Event Type: On Stage, Afrikaans

Die Oorlogsmuseum bied aan: `n Boereradio Rockfees tydens die 120-jarige Herdenking van die Anglo-Boereoorlog 1899-1902.
Kom geniet `n opelugkonsert by die Oorlogsmuseum (Vrouemonument) in Bloemfontein se amfiteater met bekende kunstenaars Radio Kalahari Orkes, asook die plaaslike talent van Dirk en die Republiek, Jacobus Silwer en Band sowel as Thabo Hlongwane. Die temamusiek en agtergrondbeeld van die TV-reeks Arende sal deurentyd gebruik word en die staaltjie Sprinkane met Kamaste, een van Siener van Rensburg se visioene wat handel oor homself, Generaal de la Rey en President Steyn, sal deur `n agterkleinseun van President Steyn, advokaat Colin Steyn vertel word. Radio Kalahari Orkes sal hul bekende liedjie oor hierdie staaltjie sing. Jacobus Silwer en Band sal ook die lied Emily Hobhouse uitvoer.
Kontant kosstalletjies en `n kontantkroeg sal beskikbaar wees. Geen eie kos of drank word toegelaat nie. Bring ook eie stoele of komberse. Bring eie kers en vuurhoutjies saam, aangesien daar `n minuut stilte sal wees waartydens die kerse aangesteek sal word ter nagedagtenis aan al die vroue en kinders wat gesterf het.
Die konsert sal om 18:00 afskop en tot so 22:00 duur. Veilige parkering sal beskikbaar wees asook fasiliteite vir gestremdes.
Die konsert word in samewerking met die Aasvoel Klub aangebied.


  • Tickets
  • Floor Plan
  • Additional Info
  • Widget

HIGHLIGHTED EVENTS