Call Us on 0861 915 8000 or Technical Support 011 340 8000

Computicket

Juanita Du Plessis

Juanita Du Plessis
Share Juanita Du Plessis on Computicket Juanita du Plessis live performances singing all her hit songs.Die blinkste ster in die Suid-Afrikaa…

Event information

Event Type: On Stage, Variety

Juanita du Plessis live performances singing all her hit songs.Die blinkste ster in die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.


Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album "Juanita". In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies werk! Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album "Ek en jy", Ska-Rumba was die bonussnit. `n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf. `n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly! (Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)


In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibie en Gobabis (hul tuisdorp vir 5 jaar - op daardie stadium) agter gelos en hulself gevestig in Pretoria. Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik. Haar tweede Gospel-album, "Vlieg Hoog" (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.


This event is taking place at more than one venue. Please select the venue you would like to book for.

Select Venue


Venues and performances

The Ridge Casino, Witbank, Witbank - Mpumalanga


Atterbury Theatre, Pretoria - Gauteng


Carousel, Cheyenne Saloon, Pretoria - Gauteng



HIGHLIGHTED EVENTS