Call Us on 0861 915 8000 or Technical Support 011 340 8000

Computicket

DORINGROSIE Die Slapende Skone - Johannesburg And …

DORINGROSIE Die Slapende Skone
Share DORINGROSIE Die Slapende Skone on Computicket Op die aand van haar agtiende verjaarsdag prik die beeldskone Prinses Aurora haar vinger op `n spinw…

Event Information

Event Type: On Stage, Pantomime

Op die aand van haar agtiende verjaarsdag prik die beeldskone Prinses Aurora haar vinger op `n spinwiel en val in `n betowerende diep slaap. Is dit die einde, of sal die kus van die aantreklike Prins haar laat ontwaak?


Die fantasie-wereld van sprokies en romanse leef weereens by EMPERORS PALACE, waar die klassieke verhaal van Die Slapende Skone op die verhoog uitspeel as `n splinternuwe Afrikaanse pantomime, DORINGROSIE. Vars op die hakke van die uitmuntende SNEEUWITJIE en ASPOESTERTJIE gaan hierdie produksie verseker ook `n treffer wees!


Pragtige CHARLIZE BERG skitter in die titelrol teenoor die talentvolle akteur, aanbieder en sanger MARNO VAN DER MERWE as die heldhaftige Prins Aalwyn. Passievolle vermaaklikheidsveteraan BIANCA LE GRANGE is natuurlik die perfekte Belladonna (Maleficent), terwyl die vlymskerp humor van die twee Goeie Fee (HANNES BRUMMER en TIAAN RAUTENBACH) oud en jonk gaan laat skaterlag


DORINGROSIE word vervaardig deur Renier en Lise-Marie Keyser van Add-Life Productions, wie sedert 2007 bekendheid verwerf het vir hul keurige oorspronklike Afrikaanse musiekspele: HOUTKRUIS, ESTER, DAWID, LIEFLING, DROOMKIND, ASPOESTERTJIE en SNEEUWITJIE. Hulle het nie verniet `n reputasie as baanbrekers in die Suid-Afrikaanse teaterindustrie nie, vir tien jaar al skep hulle karakter-gedrewe stories met uitnemende produksie kwaliteit. Wie sal ooit ASPOESTERTJIE se indrukwekkende draai-en-draai-in-haar-balrok-in oomblik, of SNEEUWITJIE se sneeustorm wat letterlik die hele gehoor verwaai en toegesneeu het kan vergeet?


Net so is DORINGROSIE `n opwindende avontuur met iets vir almal: Kwinkslag humor vir die ouers, vervleg met die mooiste sprokieselemente vir die kinders. So moenie slaap nie, kry jou kaartjies sommer vandag nog!


  • Tickets
  • Floor Plan
  • Additional Info
  • Map
  • Widget

Need flights to JHB And Reef?


HIGHLIGHTED EVENTS